top of page

Biografie

Karin Hougaard word beskou as een van die baanbrekers in die Suid-Afrikaanse, Afrikaanse musiekbedryf. Sy is sedert haar agttiende jaar 'n opnamekunstenaar en het tot op hede 13 albums en 'n handvol enkelsnit cds vrygestel - sy verskyn ook op 'n verskeidenheid albums as gaskunstenaar. Daar is te veel televisie-optredes om te lys.

 

As interdissiplinêre kunstenaar het Hougaard haar nie net as 'n bekroonde sanger, komponis en aktrise onderskei nie, maar ook as skrywer. Sy het twee digbundels gepubliseer en haar werk is opgeneem in verskillende kortverhaalbundels en word voorgeskryf vir leerders van Afrikaans op hoërskool. Karin het haar ook onderskei as skilder en het verskeie suksesvolle solo-kunsuitstallings gehad.

 

Karin verhuis in 2009 na die Verenigde State van Amerika en pendel tans tussen haar nuwe tuiste in die VSA, Suid-Afrika en Europa vir optredes. Hougaard is voorts 'n ambassadeur vir Dreamcatcher South Africa en sy ondersteun Dreamcatcher se visie om volhoubare geleenthede vir alle Suid-Afrikaners te skep, ongeag hoe klein die gemeenskap is, om plaaslike ondernemers aan te moedig en te ondersteun en om die skoonheid van Suid-Afrika en haar uiteenlopende mense deur toerisme te vertoon. Dreamcatcher se baanbrekerswerk word wêreldwyd erken as 'n rolmodel vir volhoubare ontwikkeling, dis Karin se voorreg om die boodskap te help verkondig.

​

In 2020 is Karin ingehuldig by die SA Legends museum vir haar bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek.

​

* Vir 'n gedetailleerde CV kontak ons asseblief 

bottom of page